100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas steeds bo-aan punteleer voor sewende ronde van die Curriebeker

Written by on April 20, 2023

Daar is slegs ‘n punteverskil tussen die Airlink Pumas en Toyota Cheetahs bo-aan die punteleer voor die sewende ronde van die Curriebeker hierdie naweek gespeel word.
Die Pumas het die afgelope naweek 64 punte aangeteken en 10 keer agter die doellyn gaan kuier in hul oorwinning met 64-6 oor die Griffons in Welkom.
Die DHL WP het hul laaste wedstryd, teen die Toyota Cheetahs, met 17-26 verloor.
Hulle besoek ook Mbombela sonder hul ster-losskakel Kade Wolhuter, die top puntemaker in die toernooi tot dusver, wat die res van die seisoen sal misloop weens ‘n ernstige kniebesering.
Die Pumas is tans bo-aan die punteleer met ‘n punteverskil van 161 teenoor die Cheetahs se 94.
Die afskop by Mbombela-stadion môre is om 16:30.
So lyk die Pumaspan


×