100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas oordonder Oostelike Provinsie in SA Beker

Written by on April 2, 2024

Die Airlink Pumas kon nege drieë aanteken in hul oorwinning van 61-0 oor die Oostelike Provinsie in Nelspruit Vrydagaand in die SA Beker-toernooi.

Ná twee rondes is die vier spanne van die Curriebeker-premierafdeling almal gelyk op die punteleer met 10 punte elk ná twee oorwinnings.

Die Griekwas sit boaan danksy ‘n voortreflike punteverskil, gevolg deur Cheetahs, Pumas en Griffons.

Al 10 spanne is die komende naweek weer in aksie met die Cheetahs en Pumas wat mekaar Vrydag in Bloemfontein* die stryd aansê.

Foto: Kaptured Concepts

Sien ook: Moontlike plan met oorbevolking van diere in Marloth Park


×