100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas na vyf rondes onoorwonner in SA Beker

Written by on April 22, 2024

Die Airlink Pumas en Suzuki Griekwas bly steeds onoorwonne in die SA Beker-reeks met die poubloues bo-aan die punteleer.

Hulle het hul onoorwonne rekord in die kompetisie behou toe albei die naweek in die vyfde ronde weer belangrike wegoorwinnings behaal het.

Die span van Mpumalanga het Saterdag in Oos-Londen met 56-0 oor die Border Bulldogs geseëvier.

Die Pumas het teen rustyd reeds met 28-0 voorgeloop.

Dit was die derde keer die seisoen dat hul opponent geen punte teen die pienktruie kon aanteken nie.

Die puntemakers was:

Airlink Pumas 56 (28) – Drieë: Darnell Osuagwu (2), Jan-Henning Campher, Giovan Snyman, Gene Willemse, Zeilinga Strydom, De-an Ackermann, Andrew Kota. Verdoelings: PJ Jacobs (6), Diego Swartz (2).

Die Griekwas het Saterdag ‘n begeesterde poging van die Sanlam Boland Kavaliers weerstaan om ‘n oorwinning van 48-30 in Wellington te behaal.

Beide die Pumas en Griekwas spog nou met 25 punte op die punteleer, met die Griekwas bo weens hul beter punteverskil.

Die Griffons is ook bo die Cheetahs met 20 punte, na hul 36-33 oorwinning oor hul Vrystaatse bure in Welkom Sondag.

Hierdie komende naweek speel die Pumas weer tuis, teen die Luiperds by Mbombela-stadion Saterdag om 15:00.

Sien ook: Betogers steek ambulans aan die brand op R40 – Radio Laeveld


×