100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Betogers steek ambulans aan die brand op R40

Written by on April 22, 2024

Die LUR vir Gesondheid in Mpumalanga, Sasekani Manzini, het die vernietiging van openbare eiendom ten sterkste veroordeel.

Dit na ‘n provinsiale ambulans vanoggend op die R40 in Casteel in die Bosbokrand-omgewing aan die brand gesteek is, na bewering deur mense wat teen swak dienslewering in die area betoog.

Volgens die departement was die ambulans-bestuuder op pad om ‘n pasiënt op te laai om na ‘n ander fasiliteit oor te plaas toe hy deur die protesteerders uit die voertuig geboender is voor dit aan die brand gesteek is.

Die bestuurder is ongedeerd.

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die versperring van die R40 by Casteel in die Bosbokrand-omgewing vanoggend veroordeel.

Hy sê mense het die volste reg om te betoog, maar mag nie ander se vryheid van beweging belemmer nie.

Hy sê die R40 is ‘n belangrike roete tussen Mpumalanga en Limpopo en padversperrings affekteer sakeondernemings.

Die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, sê dit is onaanvaarbaar dat eiendom vernietig word.

Luister:

Die R40 tussen Bosbokrand en Acornhoek word steeds met ‘n vragmotor versper, maar voertuie kan verby beweeg. Die spaarsleutel is op pad vanaf Polokwane.

Sien ook: Vyf verdagtes verskyn in Sabie-hof weens onwettige mynbou


×