100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker halfeind kan lae telling in Durban opdis

Written by on June 15, 2023

Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, speel hul Curriebeker halfeind Saterdag in Durban.
Dit is net die tweede keer dat die Mpumalanga-span so vêr in die kompetisie vorder: In 2022 het hulle die halfeind weg teen die Cheetahs gewen om die finaal te haal wat hulle uiteindelik in Kimberley beklink het.
Hulle het hul Curriebeker-teenstanders verlede week laat regop sit deur hard te veg en die Griekwas  met 27-17 te klop om derde op die punteleer te eindig.
Hoofafrigter Jimmy Stonehouse, en Marius van Rensburg, het Maandag met 100.5FM daaroor gesels. Luister weer hier:

Die Haaie het na hul 44-5 nederlaag oor die DHL WP verlede week tweede geëindig.
Dié spanne het die seisoen sover die minste drieë afgestaan: Die Haaie 37 en Pumas 38.
Ondersteuners kan daarom dalk ‘n Curriebeker halfeind met ‘n lae puntetelling te wagte wees.
Die Haaie het die span van Mbombela in beide hul kragmetings die seisoen geklop: Met 19-12 in Durban en 24-22 in die Laeveld.
Sien meer: Curriebeker: Haaie klop Pumas in doodsnikke
In die ander halfeind speel die Toyota Cheetahs, wat bo-aan die punteleer geëindig het, gasheer vir die Vodacom Bulle.
Ook hulle spog met twee oorwinnings oor hul halfeindopponente vanjaar: Met 32-7 in Bloemfontein en met 31-27 by Loftus Versfeld die afgelope naweek.
Die Bulle het die seisoen, naas die NovaVit Griffons, die meeste punte (415) en drieë (53) afgestaan.
Daarteenoor was die Cheetahs nie baie suksesvol by die huis nie: met drie oorwinnings, drie nederlae en ‘n gelykopuitslag by Toyota Stadium.

Afskop
Toyota Cheetahs t. Vodacom Bulle: Saterdag 15:00 by Toyota Stadium in Bloemfontein
Cell C Haaie t. Airlink Pumas: Saterdag 17:30 by Hollywoodbets Kings Park in Durban.

Foto: Kaptured Concepts


×