100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisiesersant skiet glo kolonel en homself

Written by on March 9, 2023

Die polisievakbond Popcru het sy skok uitgespreek oor die skietdood gisteroggend van twee polisiebeamptes in Mbombela.
Die Star berig dat kollegas skote gehoor het in die Ou Edgarsgebou in die middestad en die 65-jarige kolonel en 53-jarige sersant dood aangetref het.
Volgens die Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, vermoed hulle die sersant het sy senior geskiet voor hy die wapen op homself gerig het.
Beide was glo verbonde aan die BBP-beskermingseenheid.
Die motief vir die skietery is tans onbekend.


×