100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie in Mpumalanga soek na twee vermeende verkragters

Written by on June 10, 2020

‘n Dertienjarige meisie is na bewering afgelope naweek deur twee mans in Bosbokrand verkrag.
Haar aanvallers was nie aan haar bekend nie.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Leonard Hlathi, was die kind in Saselani Trust op pad huis toe, nadat sy by familie gekuier het, toe twee mans met ‘n rooi Toyota Tazz langs haar stop.
Hulle het haar met ‘n vuurwapen in die voertuig in forseer.
Volgens Hlathi het hulle haar iets laat drink, waarna sy haar bewussyn verloor het.
Toe sy later in die bosse naby ‘n skool bykom, was sy ontklee. Sy het by ‘n nabygeleë huis om hulp gesoek en die polisie is ontbied.
‘n Mediese ondersoek het later bevestig dat sy verkrag is.
Hlathi sê die polisie ondersoek ‘n saak van verkragting.

Enigiemand met inlgiting word aangemoedig om die ondersoekbeampte, sers. Tsepo Makwela by 072-613-2576 te skakel.

‘n Sewentienjarige meisie is ook verlede week in Witrivier verkrag. Volgens Hlathi is nog geen arrestasies in daardie verband gemaak nie.
Lt.genl. Mondli Zuma, die provinsiale polisiekommissaris, het die gemeenskap gevra om saam te staan teen geslagsgeweld.
“Hierdie hartelose oortreders maak jag op kinders, ten spyte van lang vonnisse wat deur ons howe opgelê word.
“Ons rig ‘n pleidooi aan die publiek om met ons hande te vat om hierdie uitdaging aan te spreek – veral noudat beperkings op geloofsorganisasies verslap is – dat ons die morele vesel van ons samelewing, wat blykbaar agteruitgaan, laat herleef.”


×