100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pienkkoors loop hoog in die Laeveld voor historiese Curriebeker-eindstryd

Written by on June 22, 2022

Die Curriebeker-finaal word Saterdag in Kimberley gespeel, maar pienk koors loop hoog in die Laeveld.
Sitplekke op die spesiale ondersteunersbus is reeds uitverkoop, maar jy kan die wedstryd by Mbombela-stadion kyk op ‘n groot skerm saam met jou mede Pumas-ondersteuners.
Daar is braaigeriewe, vermaak vir die kinders en ‘n biertent. Die skool met die beste gees kan ook R5 000 in kontant wen. Die spelers het vanoggend reeds plaaslike laerskole besoek, tot groot vreugde van die kinders.

Elders in die Laeveld is ook verskeie mini aanhangersparke waar jy die wedstryd kan geniet. Jock in Nelspruit, Jock of the Bushveld in Barberton, Phat Boys in Witrivier, Diggers in Lydenburg en Loggers in Sabie, om maar net ‘n paar te noem.
Kom sien ook die span Vrydagoggend by die stadion af, vanwaar hulle na KMI-lughawe sal vertrek vir die wedstryd van hul lewens. Ontmoet vanaf 07:40. Onthou om jou pienk hemp te dra!

Jy kan ook ‘n Pumas-ondersteunerstrui, wat deur die span geteken is, sowel as ‘n R500-geskenkbewys van Crown National wen, as jy die eindstryd-telling korrek kan voorspel. Stuur ‘n WhatsApp na 061-496-4323 met jou voorspelling. Sit jou naam, van en nommer by, om ‘n kans te staan om te wen.
Die wedstryd Saterdag verder regstreeks uitgesaai met kommentaar deur RadioRugby, op 100.5FM. Afskop is om 15:00.
Robin het met Herklaas du Preez en Arrie Myburgh, ou hande in plaaslike rugbygeledere, gesels oor hoe die unie tot hier gekom het. Luister weer hier.


×