100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

PCA gaan boere in Limpopo help na brande

Written by on September 26, 2023

Pediatric Care Africa (PCA) beplan die naweek ‘n uitreik om die mense van Limpopo na verwoestende brande by te staan.

Hulle fokus veral op die mense van Phalaborwa en boere van die Louis Trichard en Bandelierskop-omgewings wat onlangs deur die brande geraak is.

Dr. André Hattingh sê dié organisasie wil twee maande se gratis mediese sorg bied aan álmal wat daardeur geraak is.

Hy sê party boere het alles in die Limpopo brande verloor.

Hoewel PCA hoofsaaklik op die verskaffing van mediese sorg fokus, is ‘n ramp in die area verklaar, wat hulle toelaat om hand by te sit.

Hulle vertrek op 1 Oktober na Limpopo om mense ook van kospakkies te voorsien.

“Ons ervaring is dat daar onmiddelik na ‘n ramp baie bydraes instroom, maar dat dit na een of twee weke afneem tot daar niks meer is nie. Dit is waarom ons nou eers vertrek.”

Enige nie-bederfbare kos kan ook by die 100.5FM-ateljee in Sonpark afgelewer word.

Veevoer is ook welkom.

“Bietjie bietjie maak baie,” sê hy.

Luister weer hier:

Sien ook: “On-Trac-Tor” ‘n groot sukses


×