100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

“OnTracTor” ‘n groot sukses

Written by on July 17, 2023

Een man het op een Mahindra-trekker vir twee weke deur vyf provinsies gery en Saterdag veilig terug in Witrivier arriveer.

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa sê hy is tevrede met die R250 000 wat hulle oor die 2 500 km kon insamel.

Dit sal drie groot operasies wat deur kinders benodig word, befonds.

Hy sê die ondersteuning langs die pad en hul ontvangs in verskillende dorpe was oorweldigend.

Luister hier:

Dr. André Hattingh bly “OnTracTor”, 14 Julie 10:07

Dr. André Hattingh durf vandag die roete tussen Piet Retief na Badplaas met sy trekker aan OnTracTor.

In totaal lê hy 2 500 km deur vyf provinsies af ten bate van behoeftige kinders wat operasies benodig.

Hulle arriveer Saterdag terug in Witrivier.

Luister hier:

Dr. André Hattingh bly “OnTracTor”, 10 Julie 10:07

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa trotseer vandag die koue in die Vrystaat op die trekker waarmee hy besig is om 2 500 km af te lê in die OnTracTor for Charity-projek.

Hy poog om deur vyf provinsies met die trekker te ry om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie kinders wat groot operasies benodig.

Dr. André Hattingh.

Hattingh het vanoggend vanuit ‘n ysige Winburg vertrek en oornag vanaand in Clarens.

Die groep keer Saterdag terug huis toe na Witrivier.

Luister hier:

Dokter vertrek op trekker vir welsyn, 5 Julie 10:47

Dr. André Hattingh van Pediatric Care Africa is OnTracTor for Charity om nagenoeg R1 miljoen in te samel vir drie behoeftige kinders wat groot operasies benodig.

Hy het Sondag met ‘n trekker vanuit Witrivier vertrek op ‘n tog van 2 500 km deur vyf provinsies.

Die OnTracTor-span het vanoggend in Thabazimbi wakker geword en is stadig op pad Vrystaat toe.

Luister hier:

Luister weer: 2 500 km op ‘n trekker vir welsyn
Hulle het ‘n helde-ontvangs gekry na agt ure en 49 minute in die saal om 260 km af te lê.

Sien ook: Pediatric Care Africa

Foto’s: Mahindra Nelspruit


×