100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Openbare vervoer in die Laeveld afgelas voor samesprekings na protesoptrede

Written by on September 29, 2022

Bus- en taxidienste is vandag nie in die Laeveld operasioneel nie, na geweldadige protesoptrede deur taxi’s gister weer chaos op hoofroetes veroorsaak het.
Paaie is afgesper, verkeer is deur konvooie van taxi’s belemmer en ten minste een Buscor-bus is aan die brand gesteek.
Buscor-depots is ook deur protesoptrede lamgelê en pendelaars kon gevolglik nie by die werk uitkom nie.
Hoewel die situasie sedert gistermiddag onder beheer is, waarsku die Laeveld gesamentlike operasionele bevel (JOC) dat dit onvoorspelbaar bly.
‘n Vergadering om die kwessie te bespreek word vir vanmiddag beplan tussen die agt taxi-verenigings, Buscor en die provinsiale regering.
Intussen sê Werner Weber van die VF Plus die protesaksie kom neer op ekonomiese sabotasie.

“Dit gaan reeds moeilik met toerisme wat ook deur sporadiese diensleweringsbetogings belemmer word. Almal in die provinsie voel die gevolge daarvan en hierdie betogings kan nie bekostig word nie.
“Die regering wend geen daadwerklike poging aan om ‘n omgewing te skep wat gunstig is vir werkskepping en vrye handel nie. Die VF Plus dring daarop aan dat inwoners se regte op vryheid van beweging en handel beskerm word om ‘n voortbestaan vir almal te verseker.”

Foto: Verskaf


×