100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nuus

Page: 218

Die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (Popia) het op 1 Julie in werking getree en onkunde is nie ‘n verskoning nie. Plaaslike bemarkingsafrigter, Alison Blair, vertel hoe veral bemarkers heel eenvoudig hulself met dié wet kan belyn. Sy deel agt maklike stappe met Sanett. Luister hier weer daarna. Die stappe is: 1) Wys […]

Hoërskool Bergvlam het onlangs geskiedenis gemaak deur hul eerste span in te skryf vir die ATKV-debatkompetisie. Die juniorspan het derde geëindig in die kompetisie. Juf. Anseri Bojé het saam met Nina van Heerden, Milde Cronjé en Sariëtte Kuperus met Gerhardt gesels oor die onderwerp: hoekom geskiedenis ‘n verpligte vak op skool moet wees. “Die studie […]

Die Laeveld-gemeenskap het weereens hande gevat om mekaar te help. Dinsdagaand is gesinne wat swaarkry die fokus van ‘n fondsinsameling. Dit word by Urban House gehou en plaaslike kunstenaars Anne-Marie, Zané en Lonita tree op. Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, is die seremoniemeester. Organiseerder, Madelein van Eeden, sê die fokus is om gesinne te help wat weens […]

Lucas Ruf, ‘n besonders talentvolle oud-leerling van Uplands, woon deesdae in Oostenryk waar hy ‘n musiekloopbaan begin het. Hy tree volgende Saterdag, 4 September, in sy tuisdorp, Witrivier, op saam met die ongelooflike Natascha C. Sanett het via Zoom met hom gesels en ‘n voorsmakie gekry van hom op die klavier en trekklavier.

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Swanger vrou se liggaam in rivier gevind, mannejag geloods na twee mans se skietdood, DA sê regstelsel faal kinders, en die Phelophepa-trein is volgende week in Mbombela. Luister die hooftrekke hier.

Wat is die menslike en ekonomiese koste van inperkings? Pandemics Data & Analytics (Panda) probeer hierdie vrae beantwoord sodat beter besluite geneem kan word om mense se lewens te beskerm. Die groep het in Suid-Afrika ontstaan kort na die grendeltydperk in 2020 afgekondig is. Hulle versamel data van regoor die wêreld (amptelike bronne) veral in […]

Die Witrivier-belastingbetalersvereniging en Power of 8000-groep se lys van kritieke kwessies wat in die dorp aangespreek moet word, is deur Mbombela se Speaker aanvaar. Pierre du Preez van die Power of 8000 sê Gija Siwela het ingestem dat veral water en vullisverwydering in die dorp ‘n krisis is wat hy vinnig aan wil spreek. Die […]

Bokkie Taute, ‘n oud-omroeper by 100.5FM, is gisteraand in ‘n hospitaal in Pretoria weens Covid-19 verwante oorsake oorlede. Sy was een van die eerste vroue-omroepers by Radio Laeveld en was betrokke sedert sy ontstaan 18 jaar gelede tot 2007. Haar program se naam was “In almal se kraal” waar sy die gewilde “Vlooimark”, wat vandag […]

‘n Tweede winter is verby waarin Laevelders nie trakteer kon word op die land se beste kunstefees nie. Tog is ‘n plan beraam om darem van die top-vermaak waaraan ons al gewoond geraak het, volgende maand net hier in Mbombela aan te bied. Gaan Bos InniMall is in samewerking met i’langa Mall en Innibos Kunstefees […]

Penryn College sal vanaf volgende jaar die Cambridge-kurrikulum begin aanbied vir gr. 8’s. Dit maak hulle die eerste skool in die Laeveld wat beide die Cambridge- en IEB-kurrikulums bied. Penryn College se hoof, Albert Pienaar, sê dit sal infaseer word en vir die eerste twee jaar geïntegreerd wees. Die leerlinge sal vanaf hul gr. 10 […]