100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NHS se Skouspel 2021 eersdaags virtueel op die planke

Written by on August 16, 2021

Hoërskool Nelspruit (NHS) se revue het al ‘n jaarlikse hoogtepunt geword op die kalender in die Laeveld. Dit kon nie verlede jaar plaasvind nie, en daarom is besluit om Skouspel 2021 vanjaar ‘n bietjie anders te benader.
Weens Covid-19-regulasies kan ‘n gehoor nie toegelaat word nie en die vertoning sal slegs vir een aand, op Saterdag 21 Augustus, regstreeks gestroom word.


Verfilming is die afgelope Saterdag afgehandel. Johan Ferreira het verduidelik dat die gehoor kan uitsien na interessante kamerahoeke en naby besonderhede, omdat die produksie nie vir ‘n teenwoordige gehoor bedoel is nie.

‘n Volledige teaterstel, geskik vir ‘n televisie-opname, is die afgelope week in NHS se skoolsaal opgerig. Die stel word al vir die afgelope vier jaar gebruik, maar is vir die eerste keer in die hartklop van die skool gebou.
Mnr. Chris Mans is die groot taak opgelê om die stel gereed te kry. Die uitleg, oprig, beveiliging en mooimaak van die stel is alles sy handewerk.
Besoek NHS se Facebook-blad vir meer besonderhede oor Skouspel 2021.


×