100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NHS-ontvangsdame aangewys as Kantoorkampioen 2021

Written by on September 6, 2021

Hoërskool Nelspruit (NHS) se ontvangsdame, Theresa de Wet, is as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys.
Die Gilde vir Kantoorpraktisyns se gala-aand is verlede week in Pretoria deur die top 25 kandidate in die land bygewoon. Van hulle was drie uit Nelspruit afkomstig.

De Wet is as die algehele wenner aangewys en het vanoggend die toekenning amptelik by die skool in ontvangs geneem.
Marisa Engelbrecht, Solidariteit se sektorhoof van die beroepsgilde, sê dit het ten doel om erkenning aan adminstrasiepersoneel in die werksplek te gee.
Sy verrtel hulle het die toekennings drie jaar gelede ingestel en vanjaar meer as 800 nominasies gekry. ‘n Kortlys van 120 is opgestel op grond van die motiverings en daarna kon die publiek stem.


Kriteria sluit in die redes hoekom die kantoorpraktisyn so uitstaande is en sluit in passie vir hul werk, meer doen as wat van hulle verwag word en vriendelikheid ondanks uitdagings.
“Ons onderskat so baie die rol van die kantoorpraktisyn in die werksplek,” sê Engelbrecht. “As sy daar is die dag, dan verloop alles glad. As daar ‘n krisis is, is sy op en aan die gang en sorteer dit uit en niemand weet eens daar was ‘n krisis nie. Maar as sy die dag nie daar is nie, dan kom mense agter hoe baie balle kan val. Mense word ‘n bietjie uitgedaag met beplanning en organisering.”
De Wet sê het die skoolhoof, Johan Hattingh, asook die ander personeel en die leerlinge uitgesonder. Sy het met Robin gesels. Luister weer hier hoeveel dié eer vir haar beteken.


×