100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

NHS gaan groot met Fiësta-jaar

Written by on February 2, 2023

2023 is weer ‘n Fiësta-jaar by Hoërskool Nelspruit (NHS).
Dit is een ongelooflike fondsinsamelingsjaar wat sedert 1986 slegs elke vyf jaar plaasvind om te verseker elke Nellie-leerling ervaar dit een keer in hul skoolloopbaan.
Vanjaar is die tema, “NHS gaan groen” en die einddoel is om sonpanele by die skool op te rig – waaruit toekomstige generasies ook munt sal slaan.
As deel van Fiësta kom sing en dans Ricus Nel en Snotkop op 16 Februarie by die skool.
Kriekie Bekker en Ferdi van Wijk het met Gerhardt en Andri daaroor gesels. Luister weer hier.


×