100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nelspruit stoeiers presteer puik by SA’s

Written by on October 27, 2022

Vier stoeiers van Nelspruit Stoeiklub het uitstekend gevaar by die onlangse Suid-Afrikaanse kampioenskappe in Kaapstad.
Samuel Odendaal (15) het silwer in Grieks-Romeins en brons in vrystyl o.51 kg gewen.
Jaden Deysel (13) het goud in vrystyl en goud in Grieks-Romeins o.51 kg verower.
Louis Odendaal (13) is ‘n goue medalje ryker in vrystyl en ‘n silwer in Grieks-Romeins o.34 kg.
Matthias Odendaal (11) het op sy beurt ‘n brons in vrystyl o.34 kg gekry.

Vanjaar was ook die eerste keer in sowat 15 jaar dat Mpumalanga by die Noordvaal Elite-toernooi ‘n medalje kon wen en het met brons huis toe gekom.
Boeties Samuel, Louis en Matthias was ook in dié span. Hulle het saam met ma en spanbestuurder, Suné Odendaal, in die ateljee kom kuier.
Luister weer hier.


×