100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nelspruit Eisteddfod 2021 na twee jaar weer op die verhoog

Written by on August 31, 2021

Die Nelspruit Eisteddfod is in volle swang, na dit ‘n bietjie uitgestel moes word en verlede jaar glad nie kon plaasvind nie weens die Covid-19-pandemie.
Voorsitter, Werna Walters, het vir Amanda vertel watter aanpassings hulle moes maak en almal uitgenooi om te kom kyk.
Luister weer hier na die gesprek.

Die blootstelling aan kuns en kultuur wat dit kinders bied is van ongelooflike groot belang, stem hulle saam.
“Die geleentheid om op ‘n verhoog deel te neem, daar is soveel wat hulle leer uit ‘n kunswedstryd,” sê Walters.
Buiten hul selfvertroue wat met rasse skrede verbeter, glinster hul oë ongeag watter simbool hulle kry, omdat hulle, en hul onderwysers, so hard daaraan oefen.
“Dit leer hulle deursettingsvermoë en samehorigheid,” sê sy – en moontlik ‘n ander taal. “Ons vind dit baie dat hulle meer in hul tweede taal inskryf vir voordrag as hul eerste taal.”

Dit het verlede week afgeskop met Engels, môre word die sang afgehandel en volgende week is die dansers aan die beurt. Daarna is dit Afrikaanse drama en musiek instrumentaal. Die beeldende kunsafdeling is ook baie groot.
“Die beoordelaars sê dit baie: Ons kinders gaan uit hul pad uit met hul kostuums (vir die dans),” voeg Walters by.
Die Nelspruit Eisteddfod vind plaas by Communio Kerk. Besoek nelspruiteisteddfod.co.za vir meer.


×