100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nellies se goue meisie doen dit weer by Afrika Junior-byeenkoms

Written by on May 12, 2023

Ashley Erasmus van Hoërskool Nelspruit (NHS) het twee goue medaljes gewen by die 2023 Afrika Junior Atletiek-kampioenskap in Ndola, Zambië.
Sy het die gewigstoot vir vroue o.20 met ‘n afstand van 16,11 m en die diskus met 50,9 m gewen.
Die Suid-Afrikaanse junior atlete se o.18- en 0.20-spanne het opslae gemaak by die kampioenskap.
Ashley het vroeër vanjaar ook by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se nasionale kampioenskappe vir juniors in in Pietermaritzburg twee goues opgeraap.
Juané “Lulu” le Roux, ‘n gr. 10-leerling aan NHS, het in Maart ook by die SA SAPD Nasionale Atletiekkampioenskappe vir liggaamlik gestremde atlete in die Kaap drie nasionale rekords vir vroue o.20 laat spat.

Sy het in die diskus die rekord amper verdubbel van 16,29 m tot 31,70 m, in spiesgooi ‘n nuwe rekord van 25,62 m opstel teenoor die vorige 15,7 m en in gewigstoot die rekord van 6,65 m tot 9,85 m verbeter.
Sien ook: Nellie-atleet laat weer nasionale rekords spat
Hulle het in die ateljee gesels aan die begin van April.
Luister weer hier:


×