100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nege vas vir beweerde onwettige mynbou in Schoemanskloof

Written by on April 2, 2024

Nege verdagtes is in hegtenis geneem as deel van Operasie Vala Umgodi Vrydag op ‘n plaas in Schoemanskloof buite Mbombela.

Daar is ook op 30 kragopwekkers en ander myntoerusting wat in die digte bosse op die berg ontdek is, beslag gelê.

Verskeie beweerde onwettige mynwerkers kon vlug en arrestasie ontduik.

Sewe is aangekeer vir oortreding van die Immigrasiewet.

Die ander twee is vasgetrek weens die besit van gouddraende materiaal en besit van vermoedelik onwettige myntoerusting.

Hulle sal na verwagting vandag in die hof verskyn.

Sien ook: Spotprenttekenaar Eddie kielie die lagspiere


×