100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Munisipale wetstoepasser wat verkeersbeampte glo doodskiet bly in aanhouding

Written by on April 17, 2023

Die munisipale wetstoepasser wat Saterdagaand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge buite Mbombela met sy dienspistool doodgeskiet het, verskyn Vrydag weer in die Nelspruit-landdroshof op ‘n aanklag van moord.

Volgens die Valke was die 34-jarige Thomsanga Nkosi saam met Abednigo Desmond Mbuyane (38) se vrou in ‘n chalet toe Mbuyane hom twee keer geskiet.

Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, Kaptein Dineo Sekgotodi, sê Mbuyane sal Vrydag vir borg aansoek kan doen.

==========

Munisipale wetstoepasser wat glo verkeersbeampte doodskiet vandag in hof – 17 April 09:05

Die munisipale wetstoepasser wat Saterdagaand na bewering ‘n provinsiale verkeersbeampte by Kwanyoni Lodge buite Mbombela met sy dienspistool doodgeskiet het, verskyn vandag in die Nelspruit-landdroshof op ‘n aanklag van moord.

Volgens die Valke was die verkeersbeampte saam met die aanvaller se vrou in ‘n chalet toe haar man die deur afgeskop en die slagoffer twee keer geskiet het.


Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, sê die 38-jarige verdagte het eers gevlug, maar het homself later aan die polisie oorgegee.

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het by monde van sy woordvoerder, Moeti Mmusi, sy medelye met die familie betuig.


Hy sê hy betreur die feit dat ‘n dienspistool gebruik is om die soveelste lewe te eis.


×