100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Msholozi eersdaags geformaliseer

Written by on December 7, 2020

Msholozi-informele nedersetting, wat langs die R40 tussen Mbombela en Witrivier geleë is, gaan eersdaags geformaliseer word.
Volgens ‘n verslag wat onlangs aan die stadsraad voorgelê is, sal dit Mbombela-munisipaliteit in staat stel om inwoners vir dienste te laat betaal.
Die formaliseringsproses is reeds sedert 2015 aan die gang, en minimum dienste, soos water, moet voorsien word.
“Daar word tans miljoene spandeer aan die installasie van dienste in die area, met geen manier om enige fooie daarvoor te verhaal nie,” lees die verslag.
Daarvolgens sal die departement van menslike nedersettings vir die implementering van dienste betaal.

Msholozi se uitleg moet egter verander en huise sal verskuif moet word, omdat 287 strukture wat onwettig gebou is, die implementering van infrastruktuur belemmer.
‘n Totaal van 333 erwe maak ook inbreuk op die padreserwe, naburige plase en vloedlyne.
Die 17 huise onder die vloedlyn sal egter nie dadelik afgebreek word nie, maar kan nie geformaliseer word of van dienste voorsien word nie. Hulle sal in die toekoms gehelp word om te trek.
Wanneer die formaliseringsproses afgehandel is, sal titelaktes aan huiseienaars uitgereik word.
Verder moet veilige toegangspaaie na Msholozi en Phumlani gebou word.
Die munisipaliteit bereken daar is meer as 5 000 erwe met net twee formele ingange.
Die raad het ‘n nuwe toegangspad vanaf die verkeersligte by die Engen-vulstasie in Rocky Drift op die R40 goedgekeur, wat as die beste opsie beskou is, sowel as ‘n pad wat skakel met ‘n bestaande busroete in Hopeville. Dit beslaan sowat 2,4 kilometer en sal sowat R36 miljoen kos om te bou.
Volgens Mbombela moet drie ander toegangspaaie ook binne die volgende vyf jaar gebou word, om al die verkeer te kan hanteer.
DA-raadslid Steve Schormann het egter bedenkinge oor die projek.

Openbare inligtingsessies moet nog met inwoners gehou word.



×