100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Elf mense ernstig beseer in twee ongelukke in Nkomazi

Written by on February 1, 2023

Motoriste is aangeraai om versigtig te bestuur in die reënweer wat tot die naweek verwag word.
Dít na twee ongelukke vanoggend op die N4 in Nkomazi aangemeld is.
Volgens die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid is 11 mense ernstig beseer.

Om ongeveer 09:30 was ‘n midibus en BMW-sedan in ‘n kop-aan-kop-botsing betrokke tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane. ‘n Derde voertuig is ook geraak. Tien mense is hospitaal toe gehaas.
Om ongeveer 03:00 is ‘n vragmotorbestuurder ernstig beseer toe sy voertuig van agter teen ‘n ander vragmotor gebots het tussen Hectorspruit en Impala. Die voorste vragmotor het verder ‘n bakkie getref.

Zandile Mavuso van die departement, moedig motoriste aan om hul hoofligte aan te skakel, spoed te verminder en ‘n veilige volgafstand te handhaaf.


×