100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Moordverdagte wat ontsnap is heraangekeer

Written by on August 30, 2022

‘n Moordverdagte wat Donderdag in Emakhazeni uit polisieaanhouding ontsnap het, is weer aangekeer.

Karabo Chiloane het uit die selle van die Emakhazeni-landdroshof ontsnap voor sy verskyning vir ‘n moord wat in November 2020 in Machadodorp gepleeg is. Hy staar ook verskeie ander klagtes, insluitende poging tot moord, kaping en sakeroof in die gesig.

Hy is gister aangekeer waar hy glo naby Acornhoek weggekruip het. Die omstandighede van sy ontsnapping word ondersoek.

=============

26 Augustus, 13:05

‘n Man wat aangekla word van moord is op vrye voet, na hy gister uit aanhouding ontsnap het.

Volgens die polisie ondersoek hulle hoe Karabo Chiloane (29) uit die selle van Emakhazeni-landdroshof gekom het.

Hy is aanvanklik aangekeer vir ‘n moord wat in November 2020 in Machadodorp gepleeg is, maar staar ook ander klagtes, insluitende poging tot moord, kaping en sakeroof in die gesig.

Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak.


×