100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Moord neem toe in Laeveld

Written by on March 15, 2024

Die misdaadstatistiek vir die provinsie wat Dinsdag bekendgemaak is, toon dat Ehlanzeni-distrik ‘n toename van 68,8% in moorde in die derde kwartaal van 2023 beleef het.

Die LUR vir Gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die misdaadstatistieke vir die provinsie saam met die polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, aangekondig.

Die syfers is teenoor dieselfde tydperk die vorige jaar met moordgevalle wat van 128 tot 216 toegeneem het.

Poging tot moord het van 163 tot 225 toegeneem, ‘n styging van 38%.

Roof het met 25% gestyg en seksuele misdrywe met 13%.

Ehlanzeni het ook ‘n groot toename gesien in ontvoerings.

Die VF Plus het verskeie voorstelle aan die Mpumalanga-wetgewer voorgelê om die kommerwekkende toename in ontvoerings hok te probeer slaan.

Die provinsiale partyleier, Werner Weber, sê dit is onbestrede aanvaar.

Die voorstelle sluit in intelligensie en doelgerigte optrede om sindikate aan bande te lê.

Luister hier:

Sien ook: Drie verdagtes vasgestrek na huisroof in Steiltes – Radio Laeveld


×