100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mnr. en Mej. NHS aangewys vir 2020

Written by on October 5, 2020

JG Pansegrouw en Lourese Kempen is Donderdagaand as 2020 se Mnr. en Mej. NHS aangewys.
Meer as ‘n 1 200 toeskouers het die regstreekse uitsending op Hoërskool Nelspruit se Digitv-kanaal bygewoon.
Twintig Nellies het deelgeneem en geskitter in hul formele drag.
Adrienne Combrink en Zané Potgieter is as eerste prins en prinses aangewys. Wynand Loubser en Amoné de Beer is die tweede prins en prinses.

George Venter en Karien Goosen het in die fotogeniese kategorie gewen en Luca Fourie en Yannike Malan is die nuwe Mnr. en Mej. Persoonlikheid.
Organiseerder, Kriekie Bekker, verduidelik dat een van die grootste uitdagings was dat slegs 80 mense genooi kon word, waar daar gewoonlik meer as ‘n 1 000 gaste is.
Die leerlinge wat gewoonlik die atmosfeer aan die aand verleen, was weens Covid-19 nie in die gehoor toegelaat nie.
Tog het die skool besluit om eerder die kompetisie aan te bied, al is dit dan op ‘n kleiner skaal.
“Daar is reeds so baie van die kinders af weggeneem hierdie jaar,” verduidelik Bekker.

Virtuele uitsendings van die sangers Appel, opkomende ster Bernice West en superstar Jo Black het ekstra glans aan die geleentheid verleen en die standaarde hoog gehou.
Weens die digitale aard van die aand is die kompetisie vanjaar ook ‘n bietjie aangepas.
Die leerlinge se gemeenskapsprojekte het as deel van hul punte getel. Elkeen moes ook ‘n video van hulself maak.
Boonop kon die gemeenskap stem. Dit het 40% van die finale punte getel om uiteindelik die wenners te bepaal.
“Dit is vir ons belangrik dat dit nie net gaan oor hoe jy buite lyk nie, maar ook wat jy vir ander kan doen en wat jy kan gee as ‘n ambassadeur van NHS en te leer om ‘n beter mens te wees vir ander mense,” sê Bekker.
Die skool het al hul borge bedank wat die geleentheid moontlik gemaak het.


×