100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Minister wil witrenosters in wildtuin tot 12 000 vermeerder

Written by on July 18, 2025

Die Renoster Renaissance-projek wil die witrenosterbevolking in die Krugerwildtuin binne ‘n dekade van 2 000 tot 12 000 laat toeneem.

Die minister van Bosbou, Visserye en die Omgewing, Dion George, het die veldtog die week bekendgestel.

Hy noem dit ‘n bepalende oomblik in Suid-Afrika se G20-presidentskap.

Dit behels o.a. gevorderde spoorsnywerk, die onthoring van renosters en die opleiding van jong veldwagters.

George het aan SABC News gesê tegnologie-gedrewe veldtogte sal help om Suid-Afrika se renoster-nalatenskap te beskerm.

Luister: