100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mediclinic waarsku oor stygende Covid-syfers

Written by on June 30, 2021

Mediclinic sê hulle sien ‘n merkwaardige toename in Covid-19-pasiënte in, onder meer, Mpumalanga – hoewel die hoogste vraag na beddens in Gauteng beleef word.
Amper 500 nuwe gevalle is die afgelope 24 uur in Mpumalanga aangemeld, met 476 nuwe pasiënte wat positief getoets het. Daar is nou 5 179 aktiewe gevalle in die provinsie.
Daarvan is 1 057 in Mbombela, 150 in Thaba Chweu, 145 in Bosbokrand en 139 in Nkomazi.
In Mpumalanga het 5 307 mense die afgelope 24 uur inentings teen die virus ontvang. Registrasie vir die inenting vir mense van 50 jaar en ouer, open môre. Besoek https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/ om te registreer, of stuur ‘n WhatsApp met die woord “Register” na 0600-123-456, of stuur ‘n SMS na 134*832 gevolg deur jou ID-nommer.
Mediclinic waarsku dat die toename in pasiënte en die erns van hul toestande na verwagting oor die volgende weke sal volhou.
Hulle sê dit is noodsaaklik dat mense hul eie gesondheid beskerm.


×