100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Man verskyn vir mensehandel in Barberton

Written by on November 17, 2023

Die man wat na bewering 23 onwettige immigrante in ‘n Quantum vervoer het, het gister in die Low’s Creek periodieke hof verskyn op aanklagte van oortreding van die Wet op Mensehandel.

Sibusiso Malwane (33) is Saterdag op die R38 tussen Low’s Creek en Kaapmuiden gearresteer.

Sibusiso Malwane

Sy passasiers, almal burgers van Bangladesh en Pakistan, word aangekla van oortreding van die Wet op Immigrasie.

Hul saak is uitgestel tot Maandag.

Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, sê Malwane kan Donderdag vir borgtog aansoek doen.

Luister

Man verskyn vir mensehandel in Barberton, 16 November 07:29

‘n Man wat van mensehandel aangekla word, na hy betrap is waar hy 23 onwettige immigrante vervoer, verskyn vandag weer in die Barberton-landdroshof.

Sibusiso Malwane is Saterdag tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie gearresteer.

Die woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, kapt. Dineo Sekgotodi, sê misdaadintelligensie en die snelwegpatrollie-eenheid het gereageer op inligting en ‘n Quantum op die R38 tussen Low’s Creek en Kaapmuiden afgetrek.

Malwane was die bestuurder.

Sy 23 passasiers, almal burgers van Bangladesh en Pakistan, word aangekla van oortreding van die Wet op Immigrasie.

Hulle het gister in die hof verskyn.

Die saak teen die 23 is uitgestel tot Maandag.

Hulle bly in aanhouding.

Nog arrestasies word verwag soos die ondersoek na die mensehandel voortduur.

Luister

Sien ook: Vermeende mensehandelaars laat vaar borgaansoek in Nelspruit-hof


×