100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vermeende mensehandelaars laat vaar borgaansoek in Nelspruit-hof

Written by on April 19, 2023

Twee vermeende mensehandelaars het hul borgaansoeke in die Nelspruit-landdroshof laat vaar.
Volgens die Valke het Mujahid Hussain en Ihsan Ullar gister verskyn.

Hulle staan tereg op aanklagte van oortreding van die Wet op Voorkoming en Bestryding van Handel in Persone.
Die Valke woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, sê hul regsverteenwoordiger het die hof ook ingelig dat beide beskuldigdes van voorneme is om skuldig te pleit.
Hulle verskyn weer op 23 Mei in die streekshof.


×