100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man verdrink toe hy glo van groepsgeweld vlug

Written by on March 23, 2023

Die polisie ondersoek die omstandighede rondom die verdrinking Vrydag van ‘n 27-jarige man in Tonga.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het hy en ‘n vriend glo vir hul lewens gevlug van ‘n woedende skare mense en in die Nkomazirivier beland.
Die een man kon die rivier suksesvol oorsteek.
Die slagoffer se liggaam is gisteroggend deur die polisie se lugvleuel opgespoor sowat 5 km van waar hy laaste gesien is.


×