100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man vasgetrek vir vergiftiging van vriendin se gesin

Written by on October 8, 2021

‘n 30-jarige man is in Elukwatini gearresteer omdat hy na bewering sy vriendin se kinders en pa vergiftig het.
Volgens die polisie het die tweejarige dogtertjie, vierjarige seuntjie en hul 59-jarige oupa kort nadat hulle aandete geëet het, begin braak. Die verdagte en kinders se ma het nie van die kos geëet nie. Die dogtertjie is dood en haar boetie en oupa veg om hul lewens in die hospitaal.
Die man word aangekla van moord en poging tot moord.
Drie verdagtes wat gister in Bosbokrand aangekeer is weens die besit van ‘n onwettige vuurwapen, sal na verwagting vandag in die hof verskyn.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het hulle inligting bekom dat die mans, almal tussen 23 en 36 jaar oud, in besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen is.
Hulle het hulle genader waar hulle in ‘n voertuig gesit het en gearresteer toe hulle nie ‘n lisensie vir die wapen kon verskaf nie.
Twee verdagtes het gister in die Bosbokrand-landdroshof verskyn vir die onwettige besit van gekaapte voertuie en gesteelde items (sien foto).
Die 22-jarige man en 28-jarige vrou is Woensdag aangekeer na die sigbare polisiëring-eenheid inligting ontvang het van ‘n opsporingsmaatskappy dat twee voertuie wat die naweek as gekaap aangemeld is in Limpopo, in die omgewing van Saselani Trust opgespoor is.
Die Toyota Corolla en Run X was by dieselfde huis geparkeer. Drie mense was in die huis. Een man het gevlug.
Die polisie het items soos rekenaars, lugversorgers, elektriese toestelle en allerlei ander items wat hulle vermoed gesteel is, in die huis gevind.
Die twee is gearresteer toe hulle nie kon verduidelik waar hulle die items gekry het nie. Elk is borgtog van R2 000 toegestaan.


×