100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man gevonnis vir bedrog met bankkaarte

Written by on October 30, 2023

‘n Man is in Low’s Creek tot ‘n boete van R3 000 of 12 maande gevangenisstraf gevonnis vir bedrog.
Volgens die Valke is Phinda Alex Ndlovu in Augustus tydens ‘n stop-en-deursoek-operasie by die Nkomazi-tolhek gearresteer.

Phinda Alex Ndlovu gekloonde bankkaarte
Die woordvoerder van die Valke, kapt. Dineo Sekgotodi, sê hy het ‘n vragmotor van Eswatini bestuur en sy tolgeld met ‘n gekloonde bankkaart betaal.
Hy was in besit van nog gekloonde kaarte en transaksiestrokies vir meer as R72 000 gevind.

Sien ook: Brandstofprys dalings vir November bevestig


×