100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Luister weer: Jong Laeveldse boer vind plaaslik liefde

Written by on April 29, 2021

Déan Botma was een van die 10 finaliste wat verlede jaar op soek was na liefde in die 13de seisoen van kykNET se gewilde werklikheidsreeks, Boer Soek ‘n Vrou.
Megan Wille, wat ook van die Laeveld is, was ‘n deelnemer, maar is deur Botma huis toe gestuur toe hy net twee meisies moes kies om op die plaas aan te bly.
Eers na afloop van die reeks het hul paaie weer gekruis en hulle is sedert Maart amptelik ‘n paartjie.
Nou verhuis hy George toe om ook met macadamias te gaan boer.
Botma het met Sanett gesels oor sy belewenis van die reeks, hoe min tyd deelnemers werklik saam kan spandeer tydens verfilming, en sy toekomsplanne saam met Wille.
Luister weer hier na die gesprek.


×