100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Liggaam van vermiste Piet Skead gevind

Written by on July 10, 2023

‘n Grootskaalse soektog na die vermiste Piet Skead, het vanoggend kort voor 09:00 ten einde geloop toe sy liggaam gevind is.
Skead was ‘n bekende sakeman en betrokke lid van die Witirvier-gemeenskap.
Hy het Saterdag glo om ongeveer 17:30 by die huis uitgestap en is nie weer gesien nie.
Volgens Bruce Macaulay wat die soektog gekoördineer het, is hy binne ‘n kilometer radius van sy huis gevind.
Daar word vermoed dat hy gegly en by die vleiland, tussen Coltshill en Parkview, se bank afgeval het.
Meer as ‘n honderd mense het sedert hy as vermis aangemeld is Saterdag te voet, per voertuig en met hommeltuie na Skead help gesoek.
Die polisie se honde-eenheid is gister ook ontplooi.
Die polisie is tans op die toneel en meer besonderhede sal gedeel word sodra dit bevestig is.

LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG HIER

Macaulay het vanoggend om 07:40 met Gerhardt gesels oor die soektog.
Luister hier:

Lees meer oor Piet Skead se betrokkenheid by die gemeenskap: Witrivier begin petisie teen polisie na aanranding
Sien ook: Kouefront bring reën, dalk sneeu


×