100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Liggaam van vermiste Erik Vermaak gevind na motorongeluk

Written by on July 27, 2023

Die liggaam van die vermiste Erik Vermaak (39) is vanoggend gevind.

Hy het Saterdagoggend na sy nagskof by die werk met sy bakkie by die huis in De Villiersstraat, Barberton gery.

Sedertien word daar onverpoosd na hom gesoek.

vermiste Erik Vermaak gevind

Volgens Sakkie Dednum van Hi-Tech Sekuriteit Barberton, waar Vermaak in die beheerkamer gewerk het, was hy in ‘n motorongeluk op die R40 Bulembu-pad buite Barberton.

Hy het naby die Eureka-uitkykpunt in die ravyn beland.

Man steeds in Barberton vermis, 26 Julie 10:28

Erik Vermaak (39) word steeds in Barberton vermis.

Hy is Saterdagoggend met sy bakkie by die huis in De Villiersstraat weg.

Die registrasienommer is CFG 620 MP.

Enigiemand is gevra om die polisie (013-712-2233) of Hi-Tech Barberton (013-712-5773) te kontak sou hulle hom of sy bakkie sien.

Die soektog duur voort.

Erik Vermaak steeds vermis, 24 Julie 11:19

Erik Vermaak (39) is nou reeds meer as 48 uur vermis in Barberton.

Dié personeellid van Hi-Tech Sekuriteit Barberton het Vrydagaand nog nagskof gewerk.

Hy is Saterdagoggend om ongeveer 05:00 by die huis in De Villiersstraat afgelaai. Sy ma en suster woon op dieselfde perseel.

erik vermaak in Barberton vermis

Hy het sowat ‘n uur later weer gery en nie teruggekom nie.

Sy suster, Lina Vermaak, sê hy het nog sy werksuniform aangehad.

Sakkie Dednum van Hi-Tech Barberton sê hulle het gister uit die lug ook gesoek.

Volgens Dednum is Vermaak se wit Nissan dubbelkajuit-bakkie (registrasienommer CFG 620 MP) deur geen van die kameras op die paaie wat uit die dorp lei, opgemerk nie.

Enigiemand is gevra om die polisie (013-712-2233) of Hi-Tech Barberton (013-712-5773) te kontak sou hulle hom of sy bakkie sien.

Sien ook: Mzanzi 2-brandbestryder vertel van Kanada-brande


×