100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lag uit jou maag met sjarmante Hans

Written by on August 24, 2022

Hans steek die Rubicon oor is deel van die Innibos-teaterweek wat volgende naweek in Mbombela afskop.
Dit is op die topverkoper boek deur Rudie van Rensburg gegrond (dit is binnekort ook ‘n rolprent) en vertel die storie van Hans, wat op 90 deur sy kinders forseer word om in Huis Madeliefie te gaan woon.
Hy probeer ontsnap, maar maak nuwe vriende (al 15 karakters word deur Charlie Bouguenon vertolk) en die manewales wat volg het skreeusnaakse gevolge.
Regisseur Lizz Meiring en Bouguenon het met Amanda gesels oor wat die gehoor te wagte kan wees van hierdie debuutkomedie.

Hans steek die Rubicon oor is van 1 tot 3 September in die Mbombela-stadsteater te sien.


×