100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laeveld legendes: Is die Krugermiljoene werklik net ‘n mite?

Written by on May 6, 2021

Die legende van die Krugermiljoene het herleef na Krugerponde, wat tussen 1893 en 1900 gemaak is, onlangs in ‘n Switserse bank ontdek is.
Paul Kruger het glo in 1900 die “Krugermiljoene” in Mpumalanga begrawe voor hy na Europa gevlug het.
Ludi het gesels met skattejagter, Erns Grundling, en geskiedkundige, prof. Fransjohan Pretorius, oor hierdie Laeveld legende.
Grundling het in 2011 aan die kykNET-program, “Fortuinsoekers” deelgeneem waartydens hulle na die mitiese Krugermiljoene gesoek het.
“Dit is een van daardie goed wat altyd mense se verbeelding prikkel,” sê hy.
Pretorius beaam dat daar geen bewyse is vir die bestaan van die skat nie. Volgens hom is dit hartseer dat dit nooit bestaan het nie.
“Kort-kort is daar gerugte dat dit ontdek is, maar daar was niks van oor nie (toe Kruger begin vlug het nie).”
Hy sal net baie graag wil weet wie die sowat 110 nuutgevonde goue ponde destyds gedeponeer het.
Luister weer hier na die program.


×