100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laeveld Ervaring: Belastingvoordele vir alternatiewe krag verwelkom

Written by on March 1, 2023

Sakeondernemings kan hierdie belastingjaar 125% van hul belasting aftrek vir enige alternatiewe energie en gepaardgaande infrastruktuur wat hulle installeer.
Dit is verlede week deur die minister van finansies, Enoch Godongwana, tydens sy begrotingsrede aangekondig en laat die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) jubel.
“As jy R100 000 spandeer, kan jy R125 000 van jou belasting aftrek,” sê Linda Grimbeek.
Individue kan ook eenmalig 25% aftrek van geld wat hulle op spesifiek sonpanele spandeer – met ‘n beperking van R15 000.
Sy gesels met Robin. Luister weer hier.


×