100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kurators van handwerk-kompetisie in wolke oor Fiësta-benoeming

Written by on February 24, 2021

Die Innibos Nasionale Handwerkkuns-kompetisie is benoem vir ‘n kykNET Fiësta-toekenning in die kategorie beste prestasie in visuele kuns.
ArtAid Africa se John Anthony Boerma en Jan Bhuda is die kurators van die kompetisie wat vanjaar vir die vyfde keer aangebied word. Dit is die enigste van sy soort in die land.
Boerma sê hulle is in die wolke oor die benoeming en hoop dat dit ook die kollig op die handwerk-kunstenaars sal plaas.

“Ons het besef daar is ‘n nood vir uitnemendheid in handwerkkuns om erken te word,” sê hy oor die ontstaan van die handwerkkuns-kompetisie.
“Wat ons opgemerk het, is dat baie mense stilletjies hul handwerk doen en nie die geleentheid kry om dit bloot te stel nie. Dit is nog altyd ‘n bietjie eenkant toe geskuif.
“Toe skep ons ‘n platform om daardie handwerk uit die werkswinkel na ‘n gallery te bring.”
Volgens Boerma het baie van die kunstenaars deur die kompetisie blootstelling gekry, nie net die wenners nie, en by die uitstalling asook in die media, waaruit hulle gebaat het.

Hy is bemoedig dat beide die volume en kwaliteit van inskrywings oor die jare vermeerder het. Wat begin het met 800 of 900 inskrywings, is nou naby 3 000.
“Ons sien pragtige kwaliteit en ook nuwelinge wat tot die mark toetree, wat baie opwindend is. Ons kry baie inskrywings van die tegnikons en universiteite wat byvoorbeeld keramiekwerk doen.”
Die Innibos Nasionale Handwerkkuns-kompetisie het in 2020 by die Covid-pandemie aangepas en is virtueel aangebied.
Dit sal vanjaar weer so aangebied word, maar die datums is nog die vasgestel nie.
Die kykNET Fiësta-toekennings vereer die werk wat by die land se kunstefeeste gedoen word. Dit word op 7 Maart om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.



×