100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Klanke en geure om jou te betower by Bos InniMall

Written by on September 24, 2021

Geen fees van enige beskrywing kan sonder musiek nie.
By Bos InniMall hoef jy boonop nie eens kaartjies na dié vertonings te koop nie. Jy gaan bloot lekker kuier by ‘n restaurant van jou keuse in i’langa Mall om vermaak uit die boonste rakke te geniet.

Elke aand vanaf 17:00 in die Piazza tree plaaslike en bekende sangers op om die feestelike atmosfeer te versterk.
Vandag vind die Poetry Slam vanaf 16:00 tot 18:00 plaas waarna Wanda Zonke om 18:00 met die streelklanke van ’n saksofoon almal gaan bekoor.
Môre kom die gewilde Refentse om 18:00 aan die beurt. Coenie Naudé gaan in die voorprogram om 17:00 sy talente ten toon stel.
Hy het met Mireille gesels oor dié groot eer en die Laeveld se ondersteuning. Luister hier.

Vir hierdie musiekvertonings bespreek jou plek by Doppio Zero, Exclusive Books, Panarottis of Mediterranean.
Daar is ook musiek by i’langa se @Entertainment-ingang. Moenie Majozi (Vrydag om 19:00), Elvis Blue (Saterdag om 13:00) en Ross Learmonth van Prime Circle (Saterdag om 19:00) se optredes voor Mediterranean Seafood, RocoMamas, Mountain Spring Spur en Salsa Mexican Grill misloop nie.
Bespreek vroegtydig. Kaartjies vir vertonings is beskikbaar by die verskillende restaurante. Besoek Innibos of i’langa Mall se webtuistes vir meer.


×