100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kaptein praat twee uur lank om selfdood te verhoed

Written by on October 15, 2020

‘n Jong man het gister ure op Rob Ferreira-hospitaal se dak gedreig om selfdood te pleeg deur van die dak af te spring.
Die Mpumalanga Valke se kapt. Dineo Sekgotodi het in haar hoedangheid as onderhandelaar ingegryp.
Sekuriteitsbeamptes en werknemers van die hospitaal het glo sedert die middag reeds probeer om die pasiënt van die dak af te laat klim.
Sekgotodi het kort voor 19:00 by die hospitaal aangekom, so gou as wat sy kon nadat sy ontbied is.
Daar het sy by die 24-jarige op die dak van die ses-verdieping gebou aangesluit. Sy kon hom, na amper twee ure, oortuig om van die dak af te klim.
Sy sê hy is aanvanklik op 6 Oktober in die hospitaal opgeneem nadat hy probeer selfdood pleeg het.
Hy is Woensdag egter ontslaan. Volgens Sekgotodi was hy nie gereed om terug te keer na sy familie, tot die probleem wat hulle ondervind het, opgelos is nie, en het hy op die dak geklim.

Die man is na die voorval weer in die hospitaal opgeneem vir observasie. Maatskaplike werkers sal hom egter voortaan ook help.
“Medikasie was nie vir hom genoeg nie,” sê Sekgotodi. “Hy het regtig iemand nodig gehad om mee te praat.
“Jy kan hom die oordeel nie,” voeg sy by oor sulke onderhandelinge.
“Jy moet dat hy jou vertrou, so jy moet eerlik met hom wees.
“Hy wou sy familie om vergifnis gaan vra, so ons het dit so gereël.”
Sy voeg by dat sy sal aanhou om sy vordering dop te hou en te help waar sy kan.


×