100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kabinet moet besluit oor Mpumalanga se herstelplan vir toerisme

Written by on June 26, 2020

Plaaslike rolspelers in die toerismebedryf het Donderdag met die provinsiale regering vergader om ‘n herstelplan vir Mpumalanga se toerisme te finaliseer.
Die provinsie staar massiewe werksverliese in die gesig, as die toerismebedryf nie spoedig normaliseer nie.
Oupa Pilane, van die Kruger Laeveld se Toerisme en Sakekamer en Suider-Afrikaanse Toerismediensvereniging (Satsa), sê met slegs die gedeeltelike heropening die sektor kan tot 30 000 van die 80 000 werksgeleenthede in die provinsie verlore gaan.
Die voorgestelde herstelplan moet egter eers aan die nasionale regering voorgelê word.

Volgens Pilane moet interprovinsiale reis toegelaat word, munisipaliteite moet vergunnings maak en WVF-uitbetalings moet vir langer as Junie verleng word.
Die regering moet dus ingryp.Pilane voer aan dat dit nie sin maak om restaurante oop te maak as hulle slegs 50% van hul gewone klandisie mag toelaat nie, en nie alkohol mag verkoop nie.
Hy reken sowat 30% van ondernemings in die bedryf sal moontlik nie weer kan oopmaak nie.
Volgens hul navorsing het 70% van alle ondernemings lenings – wat moet terugbetaal word, ongeag of hulle sake doen of permanent hul deure sluit.
Daarom is finansiële hulp van die regering noodsaaklik.
“Ons verstaan niemand het geld nie,” sê Pilane. “Maar ons kan die bietjie geld wat ons het prioritiseer. Of jy het mense wat nie werk nie, of jy red soveel werksgeleenthede as wat jy kan.”
Hy voeg by dat hulle sien hoe munisipale rekeninge selfs verdubbel, al dryf mense nie handel nie.
“Hoe heropen jy sonder water of elektrisiteit?”
Ironies het die toerismebedryf hul eie veiligheidsmaatreëls teen Covid-19 ontwikkel, maar steeds bly hulle ten minste gedeeltelik toe.
Die minister van toerisme sou Vrydag om 17:00 die media toespreek oor nuwe riglyne vir die stelselmatige heropening van die bedryf.

 


×