100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jong vyfkampatlete maak die Laeveld trots in Madeira

Written by on November 18, 2022

Ses jong Laeveldse moderne vyfkamp-atlete het aan die onlangse Wêreldkampioenskappe vir biathle/triathle in Madeira deelgeneem. Suid-Afrika kon die meeste (26) goue medaljes huis toe bring.
Hannah Morgado (o.9) is die wêreldkampioen in die biathle (tweekamp). Die leerling aan Curro Nelspruit het spog nou met ‘n goue medalje.

Ciska van der Merwe (o.11) en Reuben Matthysen (o.11) spog elk met twee silwer medaljes. Ciska (van Laerskool Witrivier) was tweede as deel van die SA dogterspan en die gemengde driekampspan saam met Reuben.
Hy het ook ‘n silwer gewen saam met die seunspan, en was algeheel negende in die individuele driekamp. Individueel was Ciska 4de in die driekamp en agtste in die tweekamp.
Lees ook: Laevelders verower Laser-run medaljes in Lisabon
Eben Obermeyer, Zoë Janse van Vuren en Zoë Morgado (almal o.13) het ook deelgeneem.
Eben (‘n leerling aan Hoërskool Nelspruit) het in die individuele triathle 18de geëindig, en 22ste in biathle.
Zoë Janse van Vuren (van Laeskool Lydenburg) was 13de in die driekamp en Zoë Morgado (van Curro Nelspruit) 20ste in die tweekamp.
Al ses het in die ateljee by Ludi en Mireille kom kuier. Luister weer hier.


×