100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

BUCO interhoër-atletiek 2023

Written by on February 27, 2023

‘n Hele paar rekords het Saterdag by die Interhoër-atletiekbyeenkoms wat deur Hoërskool Nelspruit aangebied is, gespat.
Ashley Erasmus (o.19) van Hoërskool Nelspruit (NHS) het nuwe rekords opgestel in die gewigstoot (17,01 m – die rekord was 12,60 m) en diskus (50,16 m – die rekord was 42,26 m).

Lydenburg se Ntiyiso Nkanyani het die 400 m-hekkies vir seuns o.19 in ‘n tyd van 53,62 sek. gewen (die rekord was 54,15 sek.) en Mthokozisi Ndlovu het ‘n nuwe rekord opgestel in die item vir seuns o.16 met ‘n tyd van 56,47 sek. (die vorige beste tyd was 56,58 sek.).
NHS se atletiekspan het 1 602 punte bymekaar gemaak, Lydenburg 1 369 en Rob Ferreira 1 149.

Op die pawiljoen het NHS die “Bring it”-beker vir die opkoms van die dirigente, die Grootbek-beker vir die dirigente groep, die “Move it”-beker vir die voorbereide liedjies en die Raasbek-beker vir die gees van die skool gewen.
Die gashere, Hoërskool Lydenburg, het die “Wing it”-beker vir die beste onvoorbereide liedjie gewen. Die toekenning vir die beste dirigent op die dag behoort aan Hanco Barnard van die skool.
Hoërskool Barberton het die nuwe Lerata-beker, vir die skool wat die meeste geraas kon maak, huis toe geneem.
Barberton bied in 2024 die byeenkoms aan. Mireille gesels met die waarnemende hoof, Sonja Duvenage. Luister weer hier.


Continue reading

×