100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Inenting van polisielede skop vandag af

Written by on July 8, 2021

‘n Totaal van 1 208 nuwe Covid-19 gevalle is gister in Mpumalanga aangemeld. Mbombela het die meeste aktiewe gevalle met 1 918. Dit is 162 meer as die vorige dag.
In Bosbokrand is daar 346 aktiewe gevalle (op van 312), in Thaba Chweu 268 (teenoor 229) en in Nkomazi 226 aktiewe gevalle teenoor 200 die vorige dag.
Mpumalanga se totaal van 8 059 aktiewe gevalle is in skrille kontras met Gauteng se amper 95 000.
Meer as 2 miljoen mense het nou sedert Maart 2020 in Suid-Afrika positief getoets vir die virus.
Mpumalanga het die 100 000-merk gister vebygesteek met ‘n totaal van 101 590 mense in die provinsie wat tot dusver Covid-19 opgedoen het.
Inenting vir polisielede het vanoggend begin. Die nuwe provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, sal tydens die afskop van die program ook haar inenting teen die virus ontvang.
Sover is vyf Laeveldse polisiestasies vandag gesluit vir die publiek weens positiewe Covid-gevalle onder polisielede.
Die stasies by Badplaas, Dientjie naby Graskop, Masoyi, Pienaar en Schoemansdal sal môre weer vir die publiek heropen, na die geboue ontsmet is.
Die nasionale koronavirus-bevelsraad het ook bevestig dat die Lambda-variant van die koronavirus, wat aanvanklik in Suid-Amerika opgemerk is, nog nie in Suid-Afrika bespeur is nie.
Om te registreer vir die inenting, besoek https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/ of stuur ‘n WhatsApp met die woord “Register” na 0600-123-456, of stuur ‘n SMS na 134*832 gevolg deur jou ID-nommer.
Die inenting is gratis vir alle Suid-Afrikaners by die regering se inentingslokale*. Lede van mediese fondse se inentings sal deur hul skemas gedek word by private instellings.

Foto: LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, ontvang op 18 Mei sy inenting by Ermelo-hospitaal.

*Hierdie berig is na publikasie aangepas om aan te dui dat private instellings mense wel vir die inenting geld kan vra.


×