100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

In foto’s: Wêreld-tuberkulosedag in Mbombela herdenk

Written by on March 25, 2021

Die Treatment Action Campaign het adjunkpresident David Mabuza gevra dat die regering tuberkulose (TB) prioritiseer as een van die voorste oorsake van dood in die land.
Mabuza het die herdenking van wêreld-tuberkulosedag gister in Mbombela bygewoon.
Hy is vergesel deur die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, na die sitting by Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit.

Mabuza het gesê dat die regering daartoe verbind is om met die burgerlike samelewing saam te werk om te verseker dat alle pasiënte behandeling ontvang.
Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het gesê Ehlanzeni-distrik het ‘n baie hoë voorkoms van TB.
“Volgens die Wêreldgesondheidorganisasie tel Suid-Afrika onder die 14 lande met die hoogste voorkoms van tuberkulose. Ehlanzeni is een van die distrikte in die land met ‘n baie hoë voorkoms daarvan.”
In Mpumalanga is 12 933 positiewe gevalle sedert 2018 aangemeld met 1 106 sterftes.

Die premier het toe die provinsie se strategie teen die siekte uitgelê.
Dit sluit in opvoeding oor TB en toetse deur die Cheka Impilo-inisiatief om die oordrag te verminder en die verskaffing van behandeling by alle provinsiale gesondheidsfasiliteite om sterftes te verminder.
Hulle mik daarvoor om 90% van die bevolking te sif vir simptome, 90% van pasiënte van behandeling te voorsien, en ten minste 90% suksesvol te behandel.
Hulle wil ook sifting vir tuberkulose integreer in huisbesoeke vir Covid-19.
‘n Totaal van 22 voertuie is aangeskaf vir die voorsiening van dienste op ‘n munisipale vlak, sê sy.


×