100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoërskool Nelspruit skitter op die netbalbaan

Written by on September 21, 2021

Hoërskool Nelspruit se juf. Maryke Coetzee het van 5 tot 12 September die klaskamer verruil vir die netbalbaan om die Mpumalanga Sunbirds te verteenwoordig by die eerste been van die Telkom Netballiga.
Sy was ook die span se kaptein in haar agtste verskyning wat sy vir die provinsiale span vanjaar gemaak het. Sy sê die span se mikpunt is om die semifinaal van die toernooi te haal.

Coetzee het tussen 2014 en 2016 vir die Vrystaat gespeel, wat die toernooi toe drie jaar in ‘n ry gewen het.
Die afgelope twee jaar is die toernooi volgens Covid-19-regulasies vir die veiligheid van die spelers aangepas. Verlede jaar is dit in ‘n bio-borrel aangebied. Hierdie jaar is besluit om die toernooi oor twee sessies aan te bied. Terwyl die spelers deelneem verkeer hulle in ‘n bio-borrel.
As kaptein van die Sunbirds het sy ook die span positief gehou. “Elke dag werk jy maar met ‘n nuwe strategie. Dit is ook die span wat mekaar motiveer en mekaar se gees lig,” sê sy.
Die Sunbirds het gedurende hierdie eerste been van die toernooi mekaar se spel goed leer ken en hoop om met die tweede been af te kan skop waar hulle nou geëindig het.

Haar advies aan jong aspirant netbalspelers is om hard te oefen. “As jy ‘n droom het, jaag dit na! Met harde werk en vasberadenheid kan jy enigiets bereik.”
Die Telkom Netballiga word op SuperSport uitgesaai.
*Hoërskool Nelspruit se o/15A- en o/14A-netbalspanne het Saterdag die Mpumalanga-kampioenskappe in Middelburg gewen. Hulle is nou hard aan die oefen vir die komende naweek wanneer hulle deelneem aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe.

Foto’s: Netbal Suid-Afrika (Facebook)


×