100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoërskool Nelspruit se leiers kyk terug op 2020

Written by on August 31, 2020

Hoërskool Nelspruit se leiers het die spreekwoordelike aflosstokkie aan die nuwe verteenwoordigende leerderraad oorgegee.
Naomi van der Nest en Ruben Gründlingh is aangewys as die skool se hoofleiers vir 2021.
Die Covid-19-pandemie het hierdie skooljaar erg omvergewerp. Vanjaar se hoofleiers, Milda van Dyk en Handré Homann, sê egter hulle sou die ervaring vir niks verruil nie.
Daar was vele hoogtepunte, ondanks die buitengewone uitdagings.
Volgens Handré was dit ‘n voorreg om vir ‘n jaar so ‘n uitmuntende skool te kon lei.

“Om verantwoordelik te wees vir meer as net jouself, gee jou ‘n nuwe perspektief op die lewe en ek sou hierdie ervaring op geen ander plek kon kry nie,” sê hy.
“Sonder die 38 lede wat saamgetrek het aan die wa, sou dit nie vir my die lekkerste tyd van my hoërskoolloopbaan kon wees nie. Ek sal dít vir niks verruil nie.”
Vir Handré was Interhoër op 23 Februarie ‘n oomblik wat hy altyd sal koester. “Die 400m stap om Hoërskool Bergvlam se baan waar ek tot stilstand kon kom voor ‘n pawiljoen met ‘n 1 000 Nellie-ondersteuners in óns groen-en kakiedrag.
“Om op dieselfde plek te kon afsluit saam as matriekgroep van 2020 met die skoollied wat uit volle bors gesing word en die wete dat geen persoon wat nie in NHS is of was, ooit die trots sal verstaan wat ons as skool koester nie.”
Milda sê sy het beslis nie toegelaat dat Covid-19 in die pad van haar termyn gestaan het nie.
“Elke droom en doelwit waarmee ek en my mede-leiers met soveel entoesiasme die termyn betree het, het met vlieënde vaandels die wenpaal oorgesteek.
“Of dit digitaal of in lewende lywe was, het die vurige Nellie-wees-gees steeds geseëvier deur die Covid-19 tyd.
“Vir my om as hoofmeisie die skool te kon lei in hierdie buitengewone jaar, was ‘n groot voorreg, omdat vreemde uitdagings my reis versier het.
“Ek het soveel vaardighede en lewenslesse ryker geword wat ek in my leierskap kon inploeg en wat my vir my eie lewensreis bemagtig het.”
Elke dux van die bestuurskomitee het ‘n portefeulje waarvoor hulle gedurende hulle termyn verantwoordelik is.

Dié gedugte span vir 2020/21 is vuur en vlam vir die taak op hande.
Hulle is: Dux verteenwoordigende leerderraad: Naomi van der Nest en Ruben Gründlingh; Dux verteenwoordigende koshuisrade: Gabi van der Merwe en Keenan Visser; Dux akademie, geestelik en Nellie-hart: Nicolize Aucamp en Franco Erasmus; Dux kultuur en bemarking: Teneil le Roux en Janu Erasmus; Dux sosiaal: Christa Schutte en PJ Coetzee; en Dux sport: Carla Mouton en Christo Nel.
Die ander nuutverkose lede van die leerlingraad is Nicolize Aucamp, Danel Bekker, Saartjie Breytenbach, Jacinta Capazorio, Jana Engelbrecht, Amé Hope, Teneil le Roux, Eunice Lubbe, Carla Mouton, Robyn Parnell, Christa Schutte, Shana Scott, Lané Taljard, Tuané Tremper, Gabi van der Merwe, Izani van der Merwe, Naomi van der Nest, Kara Viljoen, Nicci Viljoen, Anegreth Vorster, Udo Cilliers, PJ Coetzee, Henno de Beer, Rijk de Kock, Hendrik Dreyer, Janu Erasmus, Franco Erasmus, Wentzel Erasmus, Werner Geldenhuys, Ruben Gründlingh, Luthando Mabuza, Kyle Macdonald, Arthur McGee, Theo Mogale, Christo Nel, Hendru Stiglingh, Henru van der Merwe, Dawie van Heerden, Gerard Venter en Keenan Visser.


×