100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hazyview Rocks versprei vreugde

Written by on April 29, 2021

Versierde klippies wat vreugde versprei word sedert Januarie al hoe meer in die Hazyview-omgewing opgemerk.
Hazyview Rocks is vanjaar in die dorp begin deur Chrisna Kirsten. Dit is ‘n wêreldwye tendens. Sy beskryf dit as vriendskapsklippies.

“Mense benodig vriendelikheid na Covid, maar dit is ook om die dorp aantreklik te maak.”
Jy kan self ‘n klippie verf en êrens neersit vir iemand anders om te vind. As jy ‘n klippie raakloop kan jy dit hou of vir iemand anders los. Mense neem ook foto’s van die klippies wat hulle vind en plaas dit op Hazyview Rocks se Facebook-groep.
Kirsten sê dit gaan nie oor hoe kreatief mense is nie, maar kry hulle uit hul huise uit en kry die gemeenskap weer ‘n bietjie bymekaar.

“Dit is lekker om ‘n groep vriendinne bymekaar te kry, of kindertjies bymekaar te kry, en almal net saam te verf. Dit gee hoop en sit glimlagte op mense se gesigte en helder mense se dae op – dit is eintlik waaroor dit gaan.”
Dit is oop vir alle ouderdomme. Dit kan weggesteek word of oop en bloot ten toon gestel word. Mense kan ook ‘n logo met hul naam opsit sodat hulle later kan uitvind wat van hul skepping geword het, wanneer mense dit vind en foto’s daarvan plaas.
Die reëls is minimaal. Hou by openbare plekke.
Die kunswerk moet met ‘n verflagie verseël word om dit waterdig te maak. Verfraaiings moet ook nie opgeplak word nie, omdat dit die area kan besoedel wanneer dit afval.


×