100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Gruongeluk eis ses lewens

Written by on November 28, 2022

Ses mense is dood in ‘n gruongeluk tussen Middelburg en Emalahleni gisteroggend toe die bestuurder na vermoede beheer oor die voertuig verloor het.
Volgens die departement van gemeenskapsveiligheid het die sportnutsvoertuig van die N4 afgery en op die R35 beland. Al ses insittendes is opslag dood.
Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê daar word vermoed dat die bestuurder moeg was. Die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Die LUR, Vusi Shongwe, het sy medelye aan die naasbestaandes van die slagoffers betuig.
Hy skop môreoggend amptelik sy departement se bewusmakingsveldtog oor padveiligheid in Thembisile Hani-munisipaliteit af.
Dit sal fokus op die R573, ook bekend as die Moloto-pad. Dit is een van die besigste roetes in Mpumalanga wat die provinsie met Limpopo en Gauteng verbind en wat dikwels die lewens van voetgangers eis.
Die departement sê hulle het prioriteitsroetes bepaal deur ongelukke tydens vorige feestye te ontleed. Shongwe sal tydens die bekendstelling hul planne vir die hele provinsie uiteensit.


×